Description
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink n swartgallige Willem.
Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, n jong man wat sy pa skaars ken. Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is di* Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars. Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.