MASSIVE SAVINGS JUST FOR YOU!
VIEW DEALS

Op Pad In Suid-afrika



Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken. Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het n vars, kontemporere voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het n spesiale plek in di... more details

R328.00 from Loot.co.za

price history Price history

   BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R328.00

loading...

 Comparing 1 offers

Features
Manufacturer Unbranded
Description
Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken. Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het n vars, kontemporere voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie. Die 37 hoofstukke is in n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring. Elke hoofstuk handel oor n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied. Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks. Die boek bied iets vir almal of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok. Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 fotos bevat Op Pad in Suid-Afrika n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.