Description
In Dit proe soos huis eer Herman Lensing sy ma met sy uitsonderlike talent. Hy klits haar lekkerste resepte en hul eie stories saam soos net hy kan. Hy neem ons op 'n kosreis - van sy grootwordjare in Upington waar sy passie vir kos ontvlam het, tot Hartenbos se jaarlikse kampritueel (met hope padkos) en eindig rondom sy eie Kaapse kombuistafel waar hy sy ma 'n resepkinkel of twee kon leer. Susan Lensing het almal gevoer wat kom kuier of net aan die deur geklop het. Meer nog, sy het vir hulle padkos vir die siel gebied. Haar leuse was: "My kind, kos is nie kwaad nie. Nooit nie. Kos vergewe en bring mense saam. As ons net aanhou kook, sal ons die wereld een bord op 'n slag mooier maak." Die pragfotoboek vol onthou-resepte is 'n kosverhaal wat dit wat is, verbind met dit wat was.