Description
Audrey Blignault is een van die heel bekendste skrywers in Afrikaans. Vir ongeveer 50 jaar het daar gereeld nuwe boeke uit haar pen verskyn. In 'n Blywende vreugde kan lesers vir die eerste keer haar persoonlike briewe aan vriende, familie en mede-skrywers lees. Sy skryf onder andere aan dr. Elize Botha, M.E.R., Hennie Aucamp, Ernst van Heerden en W.A. de Klerk oor dinge wat haar na aan die hart le. Die briewe wissel van liriese aanhalings uit die poesie tot selfspot en skaterlag-stoute rympies en grappe. Wanneer geliefdes deur die dood weggeneem word, ontroer haar openhartige ontboeseming. Die omslag van die boek is 'n foto van een van die skrywer se geliefde kledingstukke. En hoe gepas, want dink jy aan Audrey Blignault, dink jy rooi - en spesifiek aan die oulap se rooi wat mooi maak. Features Model 9780620405768 Product/Packaging Information Product Weight 0.962kg Product Dimensions 237mm(L) x 160mm(W) x 15mm(H) Shipping Weight 0.962kg Shipping Dimensions 237mm(L) x 160mm(W) x 15mm(H)