Description
Hierdie boek fokus op die aard en wese van ernstige siekte: wat siekte is, hoe dit ons menswees aantas. Ook die impak van godsdiens, emosies en ideologie op siektebeskouings word bekyk, sowel as die oorverwetenskapliking en gepaardgaande depersonifikasie van siekte. Die oogmerk is dat pasi*nte hiervan moet kennis neem omdat veral persone wat aan ernstige siekte ly afhanklik en kwesbaar is. Die belang van hoop in die behandeling en verwerking van ernstige siekte word bespreek; die noodsaak om heling te bewerkstellig wat nie sinoniem is met genesing nie, maar met die uiteindelike doel om vrede harmonie in die gemoed te bewerkstellig. Die onderwerpe wat aangeroer word, word dikwels in tydskrifte en oor die radio bespreek, en dit is tydig om oor hierdie onderwerpe na te dink. Daar bestaan geen boek in Afrikaans of Engels met n sistematiese bespreking soos die outeur hier doen nie. Die teks is toeganklik, met heelwat inligting. Nogtans sal die leser uitgedaag word om as t ware opnuut oor siekte na te dink. Features Model 9781776095582 Product/Packaging Information Product Weight 0.391kg Product Dimensions 234mm(L) x 153mm(W) x 15mm(H) Shipping Weight 0.391kg Shipping Dimensions 234mm(L) x 153mm(W) x 15mm(H)