Description
This cookbook is focused on the popular South African oven, the lugbraaier. This small table-top oven is versatile and can quickly and effectively cook food. Many people use lugbraaiers to prepare pre-prepared meals like chicken with chakalaka sauce or apple sauce with cheese, but it can also be used to cook a variety of dishes for a variety of occasions.
Die lugbraaier is n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Dis eintlik bloot n klein tafelblad-konveksie-oond wat kos vinnig en doeltreffend gaarmaak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word.
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, appelkoos-snoek met soetpatats, melktert en boerewors met chakalaka, om net n paar te noem. Alles word in die lugbraaier gaargemaak. Jy sal beslis jou geliefkoosde Suid-Afrikaanse gereg in di* wye verskeidenheid van resepte vind.