Description
Die boeke in hierdie fase bestaan uit humoristiese illustrasies en volledige stories. Elke boek het slegs een sin per bladsy, teks en illustrasie wat nou verwant is om leerders in staat te stel om die teks en prente met mekaar in verband te bring en voer die eerste sleutelwoorde in. Die boeke is geskik vir onderrig met die hele klas asook vir groepwerk en moedig leerders aan om oor die karakters en die stories te gesels.